
=====================================================================
Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Europese studie-ervaring is binne bereik

Adr Rheeder   bou bre na skole in Vlaandere.

VLAAMSE skole staan oop vir kontak met Suid-Afrikaanse eweknie. Dit was my waarneming gedurende die Suid-Afrikaanse Week in Belgi 
waarvoor ek, as deel van 'n uiteenlopende groep Suid-Afrikaners, Vlaandere besoek het. Die Week is deur die Vlaams-Zuid-Afrikaanse 
Cultuurstichting, met die steun van die Vlaamse Gemeenschap en die Suid-Afrikaanse ambassade, gerel.

In die Suid-Afrikaanse groep, wat hoofsaaklik uit 'n koor, kunstenaars en akademici bestaan het, was daar ook 'n skolebesoekspan. Hierdie 
groepie het 'n hele aantal skole besoek waar informele gesprekke met finalejaars oor Suid-Afrika gevoer is. Ons moes Suid-Afrika as 'n 
kaleidoskoop aan die gehore voorstel. Die onderwerp en die gesprek daaroor het die nodige ruimte gelaat om aan die spesiale aard van die 
vrae aandag te gee. Uiteenlopendheid was die kenmerk, want vrae het uit alle moontlike hoeke en met besondere draaie gekom. Dit het in die 
meeste gevalle vir 'n lewendige gesprek gesorg. Die kinders en onderwysers was veral in toere na Suid-Afrika genteresseerd. Ons natuur bly 
steeds een van die grootste aantrekkingskragte.

Dit was verder my taak as onderwyser by die Horskool D.F. Malan om die belangstelling in 'n studiekomponent vir kinders en onderwysers in 
Suid-Afrika daar te toets. Die reaksie was oorweldigend positief. By talle skole bestaan reeds 'n uitruilskema met 'n Europese land. Die 
Afrika-avontuur is egter 'n eksotiese opsie wat (na my kennis) nog nie bestaan nie. Al die skoolhoofde (directeurs) met wie ek gepraat het, 
het die voorstel nie net opwindend gevind nie, maar ook prakties uitvoerbaar. Dit is met groot opgewondenheid dat ons in hierdie stadium 
met skole oor die eerste uitruil van 'n groep onderwysers en kinders praat.

Die jong Vlaminge se belangstelling word grotendeels aangevuur deur leerkragte wat 'n komponent Afrikaans in die skool se Nederlandse 
leerplan ingewerk het. Die leerplanne waarna ek gekyk het, maak sterk voorsiening vir verryking, en Suid-Afrika en Afrikaans skep vir hulle 
so 'n geleentheid. (Daar was selfs by die een skool 'n blitskursus oor die musiek van Johannes Kerkorrel.)

Die Stichting Huis der Nederlanden se Nederlands-Afrikaanse Werkkring (Nawerk), wat in samewerking met die Wes-Kaapse Departement van 
Onderwys en die drie Wes-Kaapse universiteite die gebruik van Nederlands in die Afrikaanse klaskamer wil bevorder, is 'n soortgelyke 
inisiatief. Dit maak 'n internasionale uitruilskema met 'n Nederlandstalige skool 'n nog sterker moontlikheid.

Op 'n besoek aan Belgi val die heerlike Vlaamse gasvryheid op. Gasvryheid is een van die vele ooreenkomste tussen ons, maar die 
belangrikste bly die wedersydse toeganklikheid van die taal. Ons moedertaal skep uitstekende geleenthede in Vlaandere vir ons as Suid-
Afrikaners. N my besoek daar en die ontvangs wat ek gekry het, is dit duidelik dat 'n skole-uitwisselingsprogram 'n toekomsprojek is wat 
'n prioriteit behoort te wees.

'n Besondere woord van dank aan my borge, Nasou en De Jagers.   Adr Rheeder is Afrikaansonderwyser aan die Horskool D.F. Malan, 
Bellville. (Die kontakpersoon van die skool vir e-pos is Sandy du Plessis.)

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av559.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1998 /// Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5) 
/// Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5) /// Nederlandse boeke in Suid-Afrika (AV 5:5) /// Wie sal die verlossende woord spreek? (AV 5:5) /// 
Toonvenster van talent (AV 5:5) /// Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5) /// 'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5) /// 
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5) /// Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5) /// Kroniek van twee gesprekke (AV 5:5) /// 
Die wel en wee van Afrikaans se statusprys (AV 5:5) /// Ons sing in Afrikaans! (AV 5:5) /// 'Aitjiebul' speel met taal (AV 5:5) /// 
Vrouekrag in die Suid-Kaap (AV 5:5) /// 'n Gees van fees in die lug (AV 5:5) /// 'n Skrywersoog op Kersfees (AV 5:5) /// Stel die land en 
al sy mense sentraal (AV 5:5) /// Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5) /// 'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5) /// Veeltaligheid is 
'n bron van kennis (AV 5:5) /// 'n 'Oulap' se stories laat die taal vonkel (AV 5:5) /// Sport en sports vir joernaliste in Londen (AV 5:5) 
/// Ek en die lytest geneuk (AV 5:5) ///

